ToekomsVenster: Stukkend en verleë

stad-draad-heining-gat

Foto: @ig_shotchasers/Unsplash.com

“Laat my weer blydskap en vreugde belewe. U het my verbrysel; laat my weer jubel.” – Psalm 51:10

Sonde is lewensvreugde-bedreigend. Niks ontneem ’n mens so van jou vrymoedigheid om met jou hemelse Vader om te gaan as onbelyde sonde nie.

Die Bybel is duidelik daaroor. Almal het gesondig, trouens almal sondig. Wie dit ontken, leef in ’n skyn wêreld en die waarheid is nie in hom nie (1 Johannes 1:9).

Tog die vertroostende gedagte – as ons ons sonde bely; Hy is getrou en regverdig om ons die sonde te vergewe en van alle ongeregtigheid te reinig.

Bely beteken jammer sê met berou. Berou omdat die eer van God aangetas is en omdat jy jouself as tempel van die Heilige Gees en ander skade berokken het.

Moenie met sonde speel nie. Genade is nie ’n vrypas om daarmee aan te hou nie. Bely dit opreg en bid vir die krag om daadwerklik daarmee op te hou.
Die Gees sal jou help.

Gebed

Here, ek is waar Dawid was.
Skaam en skuldig.
Ek het my vreugde iewers langs die pad verloor.
Dankie dat U U Gees nie van my wegneem nie.
Dankie vir genade onbeskryflik groot.
Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Von ·

Dankie genadige Vader dat U beloftes ook vir my is en elke dag waar en nuut is. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.