ToekomsVenster: Swaarde word ploegskare

snoeiskêr-herfs-sonneblomme-tuin

Foto: WerbeFabrik/Pixabay.com

Lees: Miga 4:3-5:

“3 Hy sal oordeel tussen baie volke, regspreek oor sterk nasies wat ver weg woon. Hulle sal van hulle swaarde ploegskare smee en van hulle spiese snoeiskêre. Die een nasie sal nie meer die swaard teen die ander opneem nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te maak nie. 4 Elke man sal onder sy eie wingerd sit, ongesteurd onder sy vyeboom. Die Here die Almagtige het dit gesê. 5 Elke nasie kan maar lewe in die naam van sy god, ons sal vir altyd in die Naam van die Here ons God lewe.”

Gebed:

O Here ons God, ek bid vir Suid-Afrika en sy mense – vir ons almal saam; die politieke leiers, die amptenare, die besigheidsmense, die rykes en die armes, die pa’s en ma’s, die kinders, die studente in die strate; almal saam. Gee dat ons swaarde gesmelt sal word in ploegskare en ons spiese in snoeiskêre. Gee ons U vrede!

Leefwyse:

Psalm 85 is inderdaad ʼn Psalm vir ons tyd. Lees dit vers vir vers deur en probeer verstaan hoe dit op jou eie lewe van toepassing is.

Om oor na te dink:

Op watter maniere kan jy en jou gesin – en die gemeente waaraan jy behoort – ʼn vredesmonument bou?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.