ToekomsVenster: Swanger met Jesus

vrou-bid-gebed

Foto: Ben White/unsplash.com

Maria oorkom haar vrese en breek in ʼn lofsang uit. Hoe begenadig is sy nie onder die vroue nie? Dat sy uitgesoek is om die Christuskind te dra is onbegryplik. Watter mens is dit waardig? Dan nog sy, ʼn jong ongetroude gewone meisie. Hoor hoe sy sing.

Luk. 1:46-49 – En Maria het gesê: “Ek besing die grootheid van die Here, ek juig oor God, my Verlosser, omdat Hy na my in my geringheid omgesien het. Kyk, van nou af sal elke nuwe geslag my gelukkig noem, omdat Hy wat magtig is, groot dinge aan my gedoen het. Heilig is sy Naam!

Die genade wat God aan Maria bewys het, is ook op ons as getuies van toepassing. Ons word eweneens geroep om te getuig van Hom wat binne ons lewe. Waar ons gaan word Hy nuut gebore in die teenwoordigheid van soekende mense. Ons gee geboorte aan ʼn Christus in en onder ons Evangelie.

Immanuel, God met ons.

Die verbasing dat God steeds van mense gebruik maak terwyl Hy ʼn engeleskaar het wat gereed staan op sy elke opdrag uit te voer is verbysterend.

Ons doen God nie ʼn guns nie. Ons is die bevoorregtes.

Hy het ons nie nodig nie maar wil ons baie graag medewerkers maak van sy komende ryk op aarde.

Waaraan skenk ek en jy geboorte wanneer mense met ons te doen kry.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.