ToekomsVenster: Sy eerste en laaste gedagte is liefde

kruis-hout-lug-wolke

Foto: Aaron Burden/Unsplash.com

So van liedere gepraat, “die liefde is ʼn wonderlike ding”, sing-sê een van hulle. Dit is misterieus en aantreklik, dis hartlik en spontaan, dit is Goddelik en menslik.

Golgota is die vergestalting van liefde. Daar is geen verduideliking behalwe die liefde dat God sy enigste Seun aan ʼn kruishout laat verneder nie. Dit is en was nog altyd God se gesindheid. Die Bybel sê dat God barmhartig en genadig is, juis daarom word Hy steeds gedien.

Psalms 130:4 – “Maar by U ís daar vergifnis: daarom word U steeds gedien”
Psalms 103:8 – “Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde”

Ons verdien nie God se liefde nie. Ons lewens is deurmekaar en verstrengel met die verkeerde.

Luk. 5:8 – Toe Simon Petrus dit sien, val hy voor Jesus se knieë neer en sê: “Gaan weg van my af, Here, want ek is ‘n sondige mens.”

God het rede om met ons op te gee maar Hy doen dit nie, trouens Hy doen dit nooit.

Sy volk Israel was dikwels ʼn groot teleurstelling en frustrasie. Die afgode was verleidelik en hul beste voornemens (verbondsvernuwing) het sommer gou in die hek geduik. Tog weeklaag God dat Hy sy kinders nie kan prysgee nie.

Dink aan Hosea. Hosea 11:8 – Maar hoe kan Ek jou prysgee, Efraim? Hoe kan Ek jou laat vaar, Israel? Hoe kan Ek jou vernietig soos Adma, met jou maak soos met Sebojim? Ek kan dit nie oor my hart kry nie. My liefde brand te sterk.

Waar is daar nog so ʼn God? Hy sou Homself as toornig, kwaad en gefrustreerd kon openbaar. Hy doen dit nie.

Sy eerste en laaste gedagte rakende ons is liefde.

Ek is so bly dat ons Hom kan ken.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Von ·

Dankie Vader vir onvoorwaardelike liefde vir n sondaar… Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.