ToekomsVenster: Sy koninkryk kom

Hemelvaart_Opstanding_Stiltetyd.jpg

Foto: Christianheadlines.com

Verder het Hy vir hulle gesê: “Dit verseker Ek julle: Daar is party van dié wat hier staan, wat beslis nie sal sterwe voordat hulle gesien het dat die koninkryk van God met krag gekom het nie.” – Markus 9:1

Jesus spreek hierdie woorde uit uiteraard voordat Hy gekruisig is en uit die dood opgestaan het. Presies waarna Jesus verwys wanneer Hy hierdie woorde uitspreek, is nie maklik verstaanbaar nie. Die koninkryk van God sal met krag kom. Enersyds sal sommige al dood wees voordat dit gebeur. Daarteenoor sal daar mense wees wat die koms van sy koninkryk sal beleef en daarvan getuies sal wees. Die teks kan na die opstanding van Jesus, die hemelvaart en Pinkstergebeure verwys.

Koninkryk van God verwys na God se heerskappy wat bevestig sal word en kennelik geopenbaar sal word. Die mense wat daartoe uitverkies is, sal dit sien en kan onderskei. Die koninkryk van God is ʼn geestelike werklikheid. Dit kan nie met die blote oog onderskei word nie. Onthou hoedat selfs die dissipels altyd weer iets aards en sigbaars veronderstel het.

Selfs by Jesus se hemelvaart is die vraag of Jesus nou die koninkryk van Israel gaan oprig. Hy moet die keiser ʼn bloedneus gee. Hy moet sy gesag sigbaar laat geld en die Romeine wat sy volk so swaar laat kry in eie munt terugbetaal. Jesus se koninkryk is nie van sand en steen, trone en magsvertoon nie. Dis ʼn toestand van vrede en versiendheid, enersyds met God maar ook met mekaar.

Die opstanding van Jesus bevestig dat die koninkryk inderdaad in Christus Jesus vergestalt word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.