ToekomsVenster: Sy Naam bo alle name


Ons-Vader-in-die-hemel

Foto: Blog.lifelinechild.org

Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word… – Matteus 6:9

As Hy ons lewe in besit neem, het ons net een droom, naamlik dat Sy naam geheilig sal word.

Is jy deel van hierdie gebed? Daar is net drie moontlikhede: die lastering van sy Naam, om sy naam te ignoreer, of om op ons knieë voor Hom te val! Dit is die uiteindelike doel van God. Hans Bouma, ‘n Nederlandse prediker en skrywer, skryf dat die laaste opsie is nie ’n maklike een is nie: “Elkeen wat ernstig werk maak van die heiliging van God se naam in hierdie wêreld, verkeer permanent in konfliksituasies.”

Dit sal ons iets kos. Dit het Jesus sy lewe gekos. Maar in hierdie stryd om God se heilige naam, is God is aan ons kant, skryf Bouma. Ons stryd is Sy stryd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.