ToekomsVenster: Te goed om waar te wees?

sparkler-lig-vonke

Foto: Cristian Escobar/Unsplash.com

“Dít verseker Ek julle: Wat julle die Vader ook al in my Naam sal bid, sal Hy vir julle gee. Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.” – Johannes 16:23-24

Dit klink te goed om waar te wees. Wat ons ook al in die Naam van die Vader bid, word gegee.

Dit is inderwaarheid nie ’n blanko tjek dat ons nou sommer halsoorkop vir alles kan vra wat in ons gedagtes opkom nie. Daar word drie partye betrek by hierdie gebed.

Jesus en sy Naam wat ’n beskrywing is van wie Hy is. Verlosser, Here, Heiland, Vriend en Broer; alles tegelykertyd. Goed en barmhartig, lankmoedig en liefdevol. Te midde van dit alles steeds heilig, verhewe en volmaak.

Die Here wil ons só begenadig deur gebedsverhoring dat ons bly sal wees. God bederf sy kinders met Goddelike omgee en sorg. Dit stem ’n mens tot diepe dankbaarheid.

Gebed

Here, U is ’n goeie God.
U het ’n ruim hart.
Dankie dat ek selfs my begeertes en wense na U toe kan bring.
Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.