ToekomsVenster: Ten spyte mense

Argieffoto (Foto: Rui Vieira/PA Wire)

Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. – 2 Korintiërs 4:7

Ons het kennis geneem van die matriekuitslae onlangs en ek is seker daar is in menige huis feesgevier oor mooi resultate. Wanneer ʼn mens jou bes gedoen het behoort dit genoeg te wees om vir goeie punte te sorg. Somtyds is daar omstandigheidfaktore wat in ag geneem moet word wat prestasie kan beïnvloed. Dit is so belangrik om te onthou dat in hierdie prestasiebehepte samelewing waarin ons woon waarde as mens nie in matriekpunte, bankbalans, kwalifikasies, status of watter ander eksterne gesoek word nie. Ons is meer as wat ons ry, waar ons bly en wat ons kry. Dit beteken egter nie dat die verantwoordelikheid op elke mense rus om binne sy eie vermoë en te midde van beperkinge steeds na uitnemendheid te streef nie.

Dit is dan juis hierdie soort stories wat ʼn mens in die hart gryp en aanvuur om onder alle omstandighede jou beste  doen. Een so storie verwys na ʼn leerling Tiyani Mbendzani van die Rivonia school for the blind in Limpopo wat ʼn toekenning ontvang het as toppresteerder asook die beste leerling met spesiale behoeftes. Volgens beriggewing is hy verskeie kere staande toegejuig terwyl sy vriende hom na die verhoog gelei het waar hy sy toekennings ontvangs het.

Marco Scheepers van Secunda is met ʼn hartprobleem gebore. In graad nege het hy ʼn hartomleidingsoperasie ondergaan wat veroorsaak het dat hy nie kon eksamen skryf nie omdat hy bykans twee maande in die hospitaal was. Alhoewel Marco nie aan georganiseerde sport mag deelneem vanweë sy gesondheiduitdagings nie geniet hy die buitelug lewe en slaag hy matriek met die oog op verdere studie.

ʼn Ander leerling verloor sy pa op vroeë ouderdom en later ook sy suster en stiefpa. Sy suster is in sy matriekjaar aan ʼn longsiekte oorlede en sy stiefpa, drie maande later aan ʼn hartaanval. Hy moes boonop in sy matriekjaar ophou rugby speel omdat hy ʼn ernstige besering opgedoen het. Tog slaag hy matriek met die oog op verdere studie.

Verskonings het ons baie, maar dit maak geen hond haaraf as ons ander se kontekste in ag neem nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

charmaine ·

En weereens moet ons dankbaar leef. Dankbaar vir ons gesonde lewe, dankbaar vir ons kinders wat goeie werk het, goeie lewe ons het genoeg om van te leef. En in ons gesin hou ons ook daarvan om ons kinders se prestasies te vier, met goeie werk, verjaarsdae, studies ons vier dit want ons is dankbaar vir die tipe seuns (mans) wat ons het, hulle goed opgevoed hulle is ons trots. Maar ook se ek altyd vir hulle om die Here te dank vir wat hulle het en wat hulle is. Binnekort vier ons weer altwee se diploma as suster en IT Graad en ek is dankbaar vir die Here, dat my kinders kon leer en presteer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.