ToekomsVenster: Tradisie


ou-boeke-tradisie

Foto: Seanhamptoncole.wordpress.com

Moenie sê in die ou dae was dit beter as nou nie; dit is nie uit wysheid dat ‘n mens so sê nie. – Lees Prediker 7:10

Tradisie is die voetspore van die voorgeslagte.  Dit vertel van ‘n pad wat al geloop is.  Baie spreekwoorde kom vanuit die wysheid van hulle wat die pad al geloop het.  Die nalatenskap van die tradisie se bedoeling is dat ons nie weer dieselfde foute hoef te maak nie.  Die tradisie gee beproefde raad en wil keer teen onnodige seerkry.

Ons het baie mooi dinge geërf uit ons tradisie in Suid-Afrika.  Om hard te werk en jou beste te gee en trots op jou taal, is van die mooi dinge vanuit ons tradisie.  Daar is egter ook dinge wat ongelukkig verlore geraak het soos gasvryheid teenoor vreemdelinge en die ubuntu Afrika waardes. Ons het ongelukkig ook ander tradisies geërf wat ons krities moet toets en dalk liewer moet laat gaan.

Kom ons gebruik die tadisie om lesse te leer en om juwele uit die verlede te herleef.  Maar laat ons krities omgaan met ongetoetste voorskrifte wat kwetsend en beperkend is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.