ToekomsVenster: Tussen werk

Argieffoto (Foto: Free-Photos, Pixabay)

“… hou die werk van ons hande in stand…” – Psalm 90:7

Om te kan werk is verseker ’n wonderlike voorreg. Hierdie voorreg word veral bevestig wanneer iemand sy werk verloor en homself tussen werk bevind. Spanning en kommer is twee uitdagings wat so ’n persoon byna onmiddellik beleef, asook die gesin.

Woede is normaalweg die eerste belewenis wanneer iemand sy werk verloor. Mense is gewoonlik kwaad vir sy/haar vorige baas en maatskappy. So ’n persoon mag ook selfs voel dat hy of sy onregverdig behandel is. Dan volg die baie vrae aan God; die waaroms, hoekoms en waarheen nous. Intussen kruip vrees vir die toekoms elke dag nader. Hierdie is verseker nie ’n maklike plek in die lewe nie.

Om rug teen die muur te staan is nie die beste plek nie, maar dit is gewoonlik die plek vir ’n wonderwerk. Terwyl jy God vir ’n wonderwerk vra, doen ook alles in jou vermoë om aan elke moontlike deur te klop vir werk.

Iets om oor na te dink

Baie van ons mag dalk nog nooit die bogenoemde beleef het nie. Dis ook waar dat nie almal in ’n posisie is om werk te offer aan diegene wat tussen werk is nie. So, hoe kan ons betrokke raak by dié wat hulp nodig het? Gebed is natuurlik een van die kragtigste ondersteuningsmeganismes, maar daar is ander moontlikhede ook. Wat van hulp met die opstel en nagaan van ’n CV? Watter klein dingetjies kan gedoen word om aanmoediging te verseker?

Gebed

Here, saam die Psalmdigter sê ek, ek slaan my oë op na die berge, waar sal my hulp vandaan kom? Help my asseblief in hierdie moeilike fase en maak vir my nuwe deure oop.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bertie ·

Dankie Here, dat ek nog ‘n werk het en weet dat ek van U afhanklik is vir ALLES in my lewe. Ek eer U en loof U.

Madison ·

Dankie Here vir my werk wat U aan my gegee het. Maak asb deure vir my man oop met sy werk of dat hy ‘n werk met ‘n vaste salaris kan kry. Ek dank U Here !!!

Helien ·

Dankie my Vader dat U ons gedra het die afgelope 3 jaar. Het u lief met my hele hart en siel. Dankie vir die deur wat u vir ons oop gemaak het.

Ilse ·

Here God, met my rug teen die muur, vra ek dat U wonderwerk vir my ñ realiteit sal word.
Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.