ToekomsVenster: Twee verskillende wêrelde, maar een God

Foto: Elijah O’Donnell/Unsplash

Ons het net die grootste respek en agting vir die Woord van die Here. Sommige gemeentes het die gewoonte dat lidmate vir die lees van die Bybel staan uit respek vir die Woord van God. Die Woord is relevant vir alle tye.

Ek hoef jou nie daaraan te herinner dat Suid-Afrika baie uitdagings het nie. Ons lees en sien dit op die nuus en op verskeie ander plekke.

Ons kinders vra vrae en ons gesels daaroor wanneer ons as vriende saam kuier.

Daar is mense wat sê, “ek laat my nie deur die nuus intimideer nie”.

God wil dalk nie hê dat ons “geïntimideer” moet voel met die gebeure van die dag nie, maar dat ons dit moet interpreteer en oorweeg. Ons  moet vra wat die Here van ons mag verwag gegewe die omstandighede.

Instansies van die wêreld, verteenwoordigend van die politiek, ekonomie, en sosiale orde dink gereeld na oor wat die toekoms van ons gaan vra en kry hul beplanning in plek.

Ek wonder of die kerk somtyds agter bly en dat die agenda van kerklike vergaderings nie altyd konteks relevant is nie.

Ons leef in ʼn getraumatiseerde land maar sukkel om twee scenario’s by mekaar uit te bring.

Op weg na ateljee sien ek baie motors, robotte werk, mense stap met sonsambrele omdat dit heerlik warm is. In die winkelsentrums doen mense inkopies, skoolkinders is op skool en ons studente word toegerus vir die lewe.

Dit lyk of alles mooi aan die gang is en asof daar niks skort nie. Ons is vir dié positiewe dinge baie dankbaar.

Daar is egter ook  ʼn ander konteks. Een van hartseer, pyn, teleurstelling, werkloosheid, moord, bedrog en xenofobie, noem dit maar op.

Hoe om die twee wêrelde bymekaar te trek is ʼn grootse uitdaging. Soos met die een moet ons ook met die ander met God in gesprek tree.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Von ·

Here ek weet dat U allomteenwoordig is , selfs in ons stukkende wereld…..dankie Here vir U Woord..vir ons Trooster die Heilige Gees wat in ons woon. Versterk so ook ons lam kniee….in Jesus naam

Maria ·

Dankie vir nuus berigte ,dit maak die geeslike oe oop dat christene daaroor kan bid en terugkeer U toe ….sien waarheid waarop ons lewe asook kan voorberei volgend woord.

Spook ·

Daar is verskeie gode/spoke. Ek is die enigste wat kan praat/post

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.