ToekomsVenster: Twyfel jy soms?

twyfel-vrae-denke

Foto: Kiddyandpartners.com

“Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het? Praat as jy die antwoord het.” – Job 38:4

Ek hoop regtig dat jy soms twyfel. Ek doen. Gereeld.

Ek twyfel oor hoe ek dink oor God, oor wat ek verstaan van om Jesus te volg, oor wat ek weet van die Bybel. Ek wonder en betwyfel my elke dag se saam met Jesus stap. Ek twyfel of ek heeltemal verstaan wie Hy is.

As jy twyfel, is ek bly. Twyfel wys vir my jou geloof en pad is lewendig. Twyfel is broodnodig vir ’n groeiende, lewende verhouding met die Here.

Dink hieraan:

“To believe is human, to doubt, divine.” Peter Rollins, Ierse teoloog enfilosoof.

Doen dit:

Wat is jou prentjie van Jesus? Is dit werklik Jesus, of slegs jou prentjie?

Gebed:

Here help my om te twyfel. Help my om U waarlik te leer ken. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Karel Kat ·

Jakobus 1:6 tot 9 – maar hy moet in die geloof bid sonder om te twyfel, want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat gedrywe word & voort gesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie – so ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë

Die beoefening van “formele godsdiens” laat mens sulke twak kwytraak . . . spandeer TYD met Jesus (dit beteken nie dat jy noodwendig slegs jou Bybel moet lees & dan bid nie!)
Sodra jy KONTAK gemaak het met Hom & ‘n lewendige verhouding het met Hom . . . sal twyfel nie deel van jou woordeskat wees nie.

Mauzi ·

Ek verstaan werklik nie hoe dit goed kan wees om te twyfel nie?? Ek weet wie ek is in Christus, ek weet Hyt my lief en is getrou, ek weet ek kan bid en vertrou en Jesus is getrou,waaroor moet ek twyfel? Soos ek sê ek verstaan werklik nie die punt hier nie,ek neem amper aanstoot daaroor…laat my voel of ek en die skrywer van die gedeelte nie dieselfde God dien nie? My Here sê “vertrou”…skrywer stel voor “twyfel”. Ek weet nie wat om te maak van vandag se toekomsvenster bydrae nie

Kobus ·

Die boodskap het so duidelik met my gepraat vandag. Ek het so paar dae terug geworstel en getwyfel of die Here regtig gaan help dat ons uitreikspan genoeg fondse sal kry om uit te gaan reik na Mosambiek, ek het self’s in myself begin twyfel of ek opgewasse is om as leier van die span die span te lei. God het so duidelik met my gepraat in Sy woord maar ek was blind geslaan gewees om Sy liefde en grenade taak te sien. God het mense oor my pad gestuur om my te bemoedig en gerus te stel dat ek net op God moet bly fokus, my een vriend het vir my ‘n boodskap gegee wat my toe taal en al nie meer laat twyfel het in myself of oor ons held sake nie die boodskap was uit Mat 17;20 “Faith can move mountains.” Ek het dadelik besef dat ek net moet aanhou glo dat die Here sal help en dat niks vir Hom onmoontlik is nie. Al lyk die golwe hoe hoog om jou en jy dink dat jy nie deur die storm gaan kom nie en dit voel of jy verdrink, kyk net op God staan met Sy hand uitgstrek na jou, jy moet net Sy hand vat en Hy red jou uit die storm. Hou net aan glo en vertrou God, moenie toelaat dat die Bose vir jou sê dat jy nie die storm sal oorwin nie. God is elke sek. saam jou in jou storm.

Arak ·

Daar was ‘n tydper in my lewe waar ek God en die skepping betwyfel het, maar deur God se genade, is daar geen twyfel meer in my nie.

Wat vir my altyd uitstaan is dat God nie met Job gepraat het oor sy pyn nie. Hier is ‘n man wat voor God staan, stukkend, maar God praat met Job oor die skepping. As mens na die skepping kyk, werklik kyk, hoe wonderlik is ons God nie?

‘n Groot hartseer vir my, is dat daar ‘n hele generasie teoloë op kansels staan wat nie die ganse Bybel glo nie. Hulle sal tipies nooit lees uit Gen 1, Job en Jona nie, omdat hulle dit self nie glo nie en bloot afmaak as “stories” en morele lessies.

Een van my gunstelling liedere is die ou: “Wat ‘n vriend het ons in Jesus?”, want ja, wat ‘n vriend het ons in Hom?

Tony ·

Ek dink as jy mens is sal jy een of ander tyd twyfel. Ek het n wonderlike verhouding met my Vader. Die laaste tyd is n besondere swaar tydperk. As jy net mens is kom jy agter dat jy partykeer twyfel. gelukkig oorhheers die twyfel nie my lewe nie, maar ek erken na baie gebed en smekinge is daar tye wat die duiwel aangryp om twyfel te saai.

Rané ·

Al waaroor ek soms erg twyfel is oor myself. Gaan ek kan volhard, gaan ek regop kan bly deur die vervolging want die laaste paar jare agter my was te erg, ek huil opnuut om net daaraan te dink en te dink wat voorlê.
Joh. 15:20 As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.