ToekomsVenster: U is die Christus

bybel-lees-blaai-hand

Foto: Rod Long/Unsplash.com

Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.” – Matteus 16:16

Die agtergrond van hierdie gedeelte is bekend. Jesus pols sy dissipels met die vraag wat mense van Hom sê. Daarop antwoord die dissipels dat daar inderdaad ʼn lewende bespreking is oor die Persoon van Jesus. Sommige meen dat Hy een van die profete is wat herleef, iemand anders wonder of Jesus nie dalk Johannes is wat uit die dood opgestaan het nie.

Ander is minder opgewonde oor Hom. Iewers sê hulle dat Jesus van sy kop af is. Later beweer die Fariseërs dat Jesus van die duiwel besete is. (Matt.12:24) Dit word as laster teen die Heilige Gees beskryf. So borduur die mense voort.

Dan kom die ongemaklike vraag. “Maar julle wie sê julle is Ek”.

Petrus se antwoord verras. “U is die Christus, die seun van die lewende God.”

Jesus wys Petrus daarop dat hierdie insig van die Heilige Gees kom, dit is a.g.v. ʼn openbaring dat Petrus in staat is om die saak so raak te vat.

Die woorde – “die Christus, die seun van die lewende God”, het implikasies vir die manier waarop ʼn mens jou lewe inrig. Jy kan nie die belydenis uitspreek maar nie jou lewe daarmee belyn nie. Die belydenis plaas Christus in die sentrum van jou lewe. Hy is die belangrikste en gee die toon aan. ʼn Mens kan nie op jou eie trajek voortploeter en tegelykertyd hierdie belydenis onderskryf nie. Die een skakel die ander uit, ten minste wat voorneme betref.

Wat sê jy van Jesus.

Is Hy steeds die Seun van God wat in die vlees gekom en onder ons gewoon het.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.