ToekomsVenster: U magtige dade moet bekend gemaak word


Geloof

Argieffoto.

Psalm 75:2 – “Ons loof U, o God, ons loof U; U is by ons, u magtige dade moet bekend gemaak word.”

Die Pinkster-wonder is aan ons bekend. Duisende pelgrims van naburige volke en plekke is saamgetrek vir die Pinksterfees in Jerusalem. Die Pinksterfees is ʼn oesfees wat die volk van die Here met dankbaarheid vervul vir sy goedheid en guns gedurende die afgelope landbouseisoen. Die dissipels is vir ʼn ander rede bymekaar. Jesus het hulle aangesê om Jerusalem nie te verlaat voordat die gawe waarvan Hy gepraat het, die Heilige Gees, gekom het nie. “Julle sal met krag vervul word en getuienis wees, ver en wyd,” het Hy vir hulle gesê. Die geweldige rukwind en tonge van vuur het mense se aandag getrek. Vol verwondering het hulle na die dissipels geluister. “Ons hoor hulle die groot dade van God verkondig en dit in ons eie taal”.

Of daar ʼn spreek- of luisterwonder plaasgevind het, is nie seker nie. Met ander woorde: Het die Here die tonge van die dissipels en hul vermoë om ander bekende tale en dialekte te praat aangeraak of het hy die ore van toehoorders aangeraak ten einde die dissipels se getuienis aangaande God in hul eie taal te hoor. Hoe ook al, die wonderdade van die Een wat ons geroep het uit duisternis na sy wonderbare lig, is geproklameer. Dit bly steeds ons taak en roeping.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

neelsie ·

n Boom word geken aan sy vrugte.
So ook ons lewens–laat die vrug van die Heilige Gees in ons lewens sigbaar word.
Liefde
Vreugde
Vrede
Geduld
Vriendelikheid
Goedhartigheid
Getrouheid
Nederigheid
Selfbeheersing(Gal 5;22)
Leef n lewe van vergifnis , soos Jesus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.