ToekomsVenster: Uitdagende tye is goeie tye


vertroosting

Argieffoto.

Dit gaan goed met die mens wat omsien na die swakke.  Die Here sal hom red op die dag van nood. – Lees Psalm 41:2

Ons leef in ‘n uitdagende tyd, daaroor sal niemand wil verskil nie.  Dis mense se interpretasie van uitdagende tye wat verskil.  Sommige vertaal “uitdagend” as probleme, ander sien dit egter as Goddelike geleenthede.

Uitdagende tye is goeie tye, dis geleenthede waar die kerk kan wys van watter stoffasie sy gemaak is (uit Abraham gekap) en waartoe sy geroep word.

Die ergste wat kan gebeur is dat die draers van hoop self in ‘n hopie mismoedigheid gaan sit en kla.  Ons behoort baie bly te wees oor die fenomenale geleenthede waarmee die ongemak in die samelewing ons konfronteer.

Iemand het onlangs tydens ‘n lesing ‘n waar ding gesê, “nog nooit het mense die Bybel só nodig gehad soos nou nie en nog nooit was die Bybel (ons uitlewing daarvan) só onder verdenking soos nou nie”.

Iemand anders het weer gesê:  “the world at its worst, the church at its finest hour“.

Mens hoef nie vér te gaan om met nood gekonfronteer te word nie.  Bykans elke straathoek konfronteer ons met gebrokenheid.

Uiteraard moet ‘n mens op verantwoordelike wyse betrokke raak by kontekste.  Daar is beter maniere om nood aan te spreek as om geld in mense se hande te stop.

Die digter sê mense wat hulpeloses ondersteun is gelukkige en geseënde mense.  Jesus vertel van die groot ontmoeting in tyd waar ons “daarwees” vir mense in nood (of die teendeel) in herinnering geroep sal word.  Sien Profetiese rede Matteus 25.

God is op ‘n besondere manier betrokke en teenwoordig waar mense swaarkry.

Ons loop Hom dalk beter raak tussen die plakkershutte en staan-maak skuilings, as op baie ander plekke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SNEL ·

Maklik om die Here te dien as dit goed gaan en as mens die een is wat kan gee en uitdeel en in n mooi huis bly en n blink kar ry, maar ek wonder hoeveel se geloof sal nog staande bly as dit hulle is wat op n straathoek sit en smag na n lekker bad of net n mooi en skoon dingetjie om aan te trek en n huis om in te bly. Maklik om te sê jy dien die Here deur elke situasie, maar dis wanneer jy juis swaar en moeilike dinge beleef (maak nie saak finasieël, in mens se huwelik, met kinders of dood…) en dit nie net vir n dag of twee is nie, maar vir jare aanhou wat ware geloof getoets word. Om die Here te dien vrywaar geen gelowige van moeilikheid nie, en is ook nie n kaartjie vir rykdom en voorspoed nie of sonder enige pyn hartseer of verlies nie. Die Here gee aan wie Hy wil, maar as Hy vat…, dis wanneer daar gesien word wie staan vas in geloof en wie dien die Here omdat Hy God is en nie vir Sy hand nie. Baie kerke sê altyd ons is die geseëndes van die Here, en ja, ons is, maar hulle laat dit klink of dit op alle gebiede in jou lewe net seepglad sal gaan, dis n leuen uit die put van die hel. Dit sit n wanpersepsie voor mense se oë en dis juis dit wat maak dat mense in hul geloof struikel as dit swaar gaan, want HOE KAN GOD DAN nou dit en dat, en as dit so is, moet n boemelaar wat tot bekering kom mos nou uit die stof opstaan en moet dit finansieël voorspoedig gaan. Dit grbeur nie, selfs in Asië en Indië waar arm mense tot bekering kom. Jou moeikheid en elende verdwyn nie, maar jou hart en hantering van situasies verander, jou uitkyk en jou hoop wat op God en op die ewigheid is verander, jy lewe met n toekoms en n verwagting, al gaan dit moeilik en swaar. Ons is die geseëndes van die Here, want daar wag n ewige tuiste vir ons en ons lewe op aarde is genade, maar om te dink dat die lewe n “joy-ride” is omdat jy n kind van die Here is, is vals. Die Here dra ons deur omstandighede, Hy gee ons krag en dit help baie, maar swaar en moeilikheid is geen gelowige gevrywaar nie. Ons moet God dien, want Hy ALLEEN is waardig om aanbid te word en alles is genade uit Sy hand, ons verdien niks en daaroor moet ons in dankbaarheid lewe vir dit wat ons het. n Groot sleutels is as jy wel iets het…nederigheid. Dis n voorreg om te kan gee, enige een kan enige dag aan die ander kant sit. Nebukadneser was in n dag van koning tot graseter gemaak, waar Josef weer van slaaf na n regeerder verhef was. Die Here is God en doen wat Hy wil en ons moet niks verwag, ons moet Hom net aanbid en weet Hy sal ons dra deur alles.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.