ToekomsVenster: Valse vrede

vakansie-bankie-see

Foto: Stevepb/Pixabay.com

“Hulle het ’n goedkoop raad vir my volk. Hulle sê net: ‘Alles is reg! Alles is reg!’ Maar niks is reg nie.” – Jeremia 6:14

Dink hieraan

Dink diep hieroor na: watter wond dra ek nog saam wat my dalk lamlê? Wie verwond ek steeds deur my aksies, woorde of gesindheid?

As individu of gemeente is dit krities om te vra: wat is die diep wond van ons gemeente, van ons gesinne, van ons stad en hoe kan ons helend betrokke wees; nie deur valse vrede te verkondig nie, maar deur diep heling te bring? (Lees dalk Jeremia 6:9-20 terwyl julle hieroor nadink.)

Gebed

Here, sien my wond, raak my aan, maak my heel; laat my wonde bronne van heling word vir baie ander asook vir my stad. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leendert ·

Ek lees net altyd jul opskrifte, soos bv die afgelope twee: “Vermoste genade”, “Valse vrede”. Daar hardloop soveel goed deur my kop, ek wil nie gaan lees wat julle daar sê nie, net daardie woorde praat al genoeg met my.

Dankie.

Vicky ·

Eloise ek bid vir ?Ek is weer diep seer gemaak deur mans wat vertel hoe lief hulle jou het net om jou te breek.? Vicky

Marisa ·

Moet op prinse nie vertrou nie, op mense jou hoop nie bou nie.

Eish ·

Jeremiah vaar uit teen Sy volk en die “geestelikes” wat hul taak versaak en die volk se sonde nie openbaar nie. Vers 13 van 1953 vertaling:” Want van hul kleinste tot hul grootste, maak hul almal onregverdige wins, en van die profeet tot die priester pleeg hul almal bedrog.”
Die grootste wond vandag is die kerk wat sy profetiese taak veronagsaam in die stukkende samelewing en sonde nie meer sonde noem nie maar wat bitter, soet noem en en soet, bitter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.