ToekomsVenster: Vannag sal ek weer kan slaap

juanita-badenhorst-12

Foto: Juanita Badenhorst.

Lees: Jesaja 43:1-3a:

“1 Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. 2 As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie, 3 want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder.”

Gebed:

O Here my God, U is die Gewer van lewe. U het U enigste Seun gegee om die dood te oorwin. Hoor my gebed vir almal wat ʼn geliefde verloor het as gevolg van geweld, haat en woede. Genees ons land, o Heer. En genees my ook van die bitterheid en pyn, van eensaamheid en vrees wat dikwels in my hart leef.

Leefwyse:

Om uit te reik na iemand wat baie seer gekry het, vra baie van ʼn mens. Om na ʼn ander se verhaal te luister, is dikwels swaar, maar op hierdie manier kan jy ander oneindig baie help. Jy kan hom of haar moed gee om op te kyk en op te staan – om deur die nag te kan slaap. Probeer dit gerus.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.