ToekomsVenster: Vat my medalje

(Foto: Steven Lelham/Unsplash.)

Lees 2 Korintiërs 5

Ek vind die mooiste storie in die Sondagkoerant van ʼn paar weke gelede.

Lwandle Ngwneya van Secunda en Herco Radley van Trichardt neem aan die 150 meter hekkies wedloop deel. Vroeg in die wedloop is Lwandle reeds ver voor toe hy oor ʼn hekkie val en die ander atlete hom verbysteek. Hy moes toe met ʼn sesde plek tevrede wees terwyl Herco derde plek inneem. So kwalifiseer Herco vir die verdere uitdunne maar sy eweknie nie.

Nadat Herco van die podium afstap waar hy ʼn medalje ontvang het stap hy reguit na Lwandle toe en oorhandig die medalje aan hom. “Hy het baie goed gedoen en verdien die medalje meer,” het Herco met trane vlak in sy oë aan sy ma vertel. “Ek sal die dag nooit vergeet nie,” sê Lwandle met ʼn groot glimlag op sy gesig en omhels sy nuwe vriend.

Wil ons nie klaar kry met die wedywering, afguns en verwydering tussen mense nie?

Miskien kan die kinders ons voorgaan in versoening, omgee, kleurblindheid en geregtigheid.

Dankie Herco. Jou optrede is ʼn bousteen na ʼn nuwe, beter en gesonder Suid-Afrika.

God het aan ons die bediening van die versoening toevertrou.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.