ToekomsVenster: Verandering

sonneblom-in-oos-vrystaat-deur-jb

Foto: Juanita Badenhorst.

God is nie ‘n mens dat Hy sou lieg nie, ‘n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie? – Num 23:19

Balak dring by Bileam aan dat lg. die volk van die Here vervloek sodat Moab die oorhand oor Israel kan kry. Te midde van soveel druk kan Bileam niks anders sê en doen as wat die Here hom beveel en aan hom openbaar nie. Die gedeelte in Numeri maak vir aangrypende leesstof en is gepak met uitsprake wat wys op die getrouheid en goedheid van die Here vir die wat Hom vrees en gehoorsaam.

God se beloftes is ononderhandelbaar vas. Die lewende Christus staan self in vir die geloofwaardigheid van God se Woord. Hy is die Woord in lewende lywe onder mense. Na sy hemelvaart is die Woord steeds by ons teenwoordig in en deur die bediening van die Heilige Gees. God kan nie lieg nie, staan daar. As Hy iets gesê het, staan dit vas. Hy gaan nie terug op sy woord nie, Hy is nie beïnvloedbaar of omkoopbaar nie. Sy liefde en lojaliteit vir die Godsvolk is ʼn gegewe. In Hosea beklae Hy as’t ware sy eie onvermoë om die volk oor te gee aan die keuses wat hulle gemaak het. Hulle verdien die dood vanweë hul hardnekkige volharding met die verkeerde. Hosea moet deur sy bedenklike verbintenisse die ontrou van Israel demonstreer. Die hartverskeurende roep uit die hart van God is bekend “ hoe kan ek jou prysgee Israel, my liefde vir jou brand te sterk”.

Die Here gaan jou nie los nie. As Hy ʼn belofte gegee het, kan jy daarop reken. Jy kan Hom onvoorwaardelik vertrou. Moenie jou eie planne maak nie. Moenie die leuen glo dat God verleë staan voor jou uitdagings nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.