ToekomsVenster: Verantwoordbaarheid


hande-in-gebed-02

Foto: Olcparishrockford.com

Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in ‘n gees van sagmoedigheid reghelp.  En pas op: jy kan self ook in versoeking kom.  Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. – Lees Galasiërs 6:1-2

Ons as gelowiges het vertrouelinge nodig wat ons tot verantwoording kan roep.  Dit is vriende wat vertroud is met ons blindekolle – iemand wat saam op die uitkyk is om ons betyds te waarsku teen ontsporing  En as ek sou fouteer, sal só ‘n vriend my in ‘n gees van sagmoedigheid ophelp.

Ongelukke gebeur in oomblikke wat ons fokus verloor, wanneer ons moeg of oorwerk is, wanneer ons te vinnig reis of wanneer ons nie ag slaan op waarskuwingstekens nie.  Niemand is volmaak nie.  Dit is daarom vertroostend om te weet dat daar ‘n vriend is wat my te hulp sal snel as ek iemand nodig sou hê.

Vir ons lewenskeuses is daar min dinge so gerusstellend as dat jy ‘n vriend het wat saam met jou bid, teenoor wie jy mag bely en by wie jy geestelik veilig voel.  Dit is geestelik gesond dat jy iemand sal hê aan wie jy verantwoording kan doen.  So ‘n vriend herinner jou aan jou beloftes en jou waardes en as so ‘n vriend jou tot verantwoording roep, gebeur dit tot jou beswil.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.