ToekomsVenster: Verdeelde Koninkryk

koninkryk-van-God

Argieffoto.

Die Koninkryk van God is ʼn uitsonderlike samelewingsverband. Dit is ʼn gedeelte ruimte waar al God se kinders, ongeag taal, kultuur en stand, ʼn heenkome kan vind. Die enigste voorwaarde vir toegang tot hierdie Koninkryk is onvoorwaardelike lojaliteit aan die Koning van die Ryk. Jy moet aan Hom trou sweer. Om sy gebooie willens en wetens te oortree is hoogverraad en met die dood strafbaar.

So verstaan kon geen mens toegang kry tot die Koninkryk nie omdat hulle van natuur in opstand is teen die eise van die Koninkryk. Omdat die Koning aan alle mense ʼn kans wou gee om deel te kry aan sy heerlikheid het Hy hulle onvermoë om gehoorsaam te wees op Hom geneem. Hy het sy Seun gestuur wat die oortredinge van potensiële burgers in en op Homself geneem het. Alhoewel die mense Hom doodgemaak het, was sy liefde groter as hulle onvermoë om sy optrede na waarde te skat.

Die Koning se Gees doen ʼn onoorkombare werk in die harte en gemoed van potensiële burgers en verander hul gesindhede grondigheid. So kry hulle na alles wel deel aan sy Ryk. In Koninkrykstaal word dit as genade beskryf.

Niemand verdien dit nie maar die Koning gee dit gratis weg vir elkeen wat daarna vra. In hierdie Koninkryk groei die burgers met verdrag in hulle verstaan van wat lewe in God se Ryk impliseer. Ook daarin is die Koning baie geduldig solank sy kinders ernstig is om hul eie boosheid te oorkom.

Die waarheid is dat die Koning nie voorkeure het wanneer dit by burgers kom nie. Hy trouens wil aan soveel mense as moontlik die geleentheid bied om by sy Ryk aan te sluit sonder onderskeiding. Ongelukkig sukkel die burgers met vooroordele en vrese teenoor mekaar. Hulle maak hulself skuldig aan verdagmakery en verkleineer mekaar. Hulle stry oor die wie belangrikste is en probeer hard om die Koning se guns te wen.

Die Koning laat Hom nie op sleeptou neem nie en tref nie onderskeid nie. Hy werk hard daaraan om die mense te laat verstaan dat almal vir Hom belangrik is.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.