ToekomsVenster: Vereer die Here met offerandes

oring-koringare-landerye-son

Foto: Freestocks.org/Pexels.com

“Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.” – Spreuke 3:9–10

Ander rituele wat gepaard gegaan het met die eerste opbrengs offerhande was onder andere gebed en aanbidding. Dankbaarheid het veral sterk na vore gekom in gebede. God die Skepper is spesifiek bedank vir die nuwe oes. Verder het die priester ook by ontvangs van die offerande ’n belydenis gedoen dat die volk hul bestaan en lewe te danke het as gevolg van die genade en die seën van die Here.

Die eerste opbrengs offerandes was dus ’n sigbare bewys dat Israel in besit was van ’n land wat belowe is aan sy voorvaders.

Raak prakties

Die eerste opbrengs offerandes van die Ou Testament motiveer gelowiges vandag om God eerste te plaas met offerandes. Daar is ook ’n belofte van seën gekoppel vir die wat gehoorsaam is; jou skure sal oorvol wees en jou parskuipe sal oorloop van wyn. Hierdie is beelde van oorvloedige seën en guns. Watter praktiese manier het jy in plek om te verseker dat jy God ook eerste plaas met jou offerandes?

Iets om oor na te dink

As die gelowige eerste aan God gee, is dit ’n demonstrasie dat God, en nie besittings nie, eerste in ons lewens is. Wanneer die gelowige eerste aan God gee, help dit hom/haar om gierigheid te oorwin en leer dit die gelowige om met verantwoordelikheid sy/haar besittings te bestuur.

Gebed

Here, baie dankie dat ek U kan vereer met my offerandes.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eish ·

Ek kan aan geen toepasliker wyse dink dan om jou naaste by te staan in sy nood nie.
Van rand een af is dit effektief.
Yeshua het nooit ooit gesê om vir die instansie van die kerk te gee nie, altyd die armes. Juis aangesien dié hulpverlening onmiddellik effektief is en nie in stadige aksie oorgaan deur komitee vergaderings nie en verder nie verdun word deur vastekoste nie.

Vetkat ·

Korrek Eish. Van die offerhandes word 90 %opgeslurp deur die handes tussen die uiteindelike doel. En die handes se eienaars verdien dit regtig nie in die sweet van hul aangesig nie!

Bees ·

Amen- bring die offerhandes soos beskryf in Lev 27 vers 28 en 29

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.