ToekomsVenster: Vergewe jouself


Foto: Juanita Badenhorst.

Matteus 6:14 – “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.”

Deel van die lewe is mislukking. Ons slaag nie altyd in alles wat ons onsself voorneem om te doen nie. Ons beste intensies word nie altyd waar nie, en ons verbrou by tye.

Die lewe is ’n leerskool. Niemand slaag altyd nie.

Nie “slaag nie” is deel van die lewe. Die beste onder ons moet somtyds die kop in skaamte laat sak, bely dat ons nie konsekwent was nie, lyf weggesteek het, op die louere gerus het.

Dis ’n moment in tyd.

Dis nie die einde van die wêreld nie.

Bou ’n brug en kom daaroor.

Vergewe jouself soos die Vader jou vergewe het.

Om jouself nie te vergewe nie, klink baie vroom, maar dit is meermale verskuilde hoogmoed. God hou nie van hoogmoed nie. Kry klaar daarmee en beoefen ware nederigheid. Vergewe jouself en gaan aan met die lewe. Daar is belangriker dinge as om die heeldag te loop en wroeg. Daar is belangriker dinge as jyself. Kom daaroor. Sien iemand.

Huil, maar kry klaar. Die wêreld wag. God het jou nodig.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

John ·

?… sien iemand… dalk ‘n priester en betaal hom ‘n fooitjie? Ek dog ons moet die Vader om vergifnis vra en natuurlik ook die persoon wat te na gekom is… en dan dinge reg te doen… maar nou is daar ‘n rits mense wat hoop mens verwerk nie jou probleem nie en vertrou nie die Hemelvader met jou probleme nie en … ‘n geldjie is ook nie te versmaai nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.