ToekomsVenster: Vergifnis is die kortpad na vreugde

gebed-03

Foto: Pixabay.com

“…en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree.” – Matteus 6:12

Ons laat ons gedagtes nog ʼn maal met vergifnis werk. Dis darem ʼn deug wat ons almal kan nastreef. Die genade om te kan sê: “Ek is jammer”.

Huwelike is ʼn voorbeeld daarvan. Sjoe, verhoudinge kan darem in ʼn slagveld verander omdat nie een van die partye bereid is om die knie te buig nie. Selfhandhawing onder alle omstandighede. Ek moet as wenner uit die stryd tree. Daar is nie wenners en verloorders nie, net stukkende mense en ʼn slegte getuienis vir die versoeningsrol van Jesus van Nasaret.

Christene se huwelike val uitmekaar vanweë die magstryd wat ten alle koste wil wen. Die onderbou daarvan is die “vleeslike” manier van bestaan.

Jy sal baklei totdat daar net wrakstukke rondlê maar jammer sê, sal jy nie. Jou trots laat dit nie toe nie.

En dan die wonder van ek is jammer sê. Later wonder jy waarom jy jouself en die ander party soveel leed aangedoen het?

Waarom was jou hart so verhard terwyl Esegiël praat van ʼn nuwe gesindheid in die Here?

Waarom die lang pad loop as daar ʼn kort pad na versoening moontlik is?

Vergiffenis is die kortpad na vreugde en vervulling.

Probeer dit vandag.

Dit werk.

Word deel van ʼn nasionale gebedsinisiatief met die volgende kenmerke:

  • Dit is verteenwoordigend van Suid Afrika se diverse samelewing
  • Dit daag jou uit om jou gemaksone agter te laat
  • Dit bind mense aanmekaar en aan God
  • Dit betrek die hele land

Hemelvaart, 25 Mei, en die tien dae van Pinkster (4 Junie)

  • Daagliks, oral, tydig en ontydig
  • Ook met mense wat jy nie ken nie
  • By die kantoor, kuierplek, sakeonderneming, klaskamer, lesinglokaal, gimnasium, park, oral
  • Veral gedurende die goue uur van gebed
  • Daagliks 12:00-13:00

www.sapray.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.