ToekomsVenster: Vergifnis


Vergifnis

Foto: Argief.

En hy het sonder versuim na sy pa toe teruggegaan. Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom. – Lees Lukas 15:11-32

In die gelykenis van die vergewende Vader in Lukas 15 vertel hoe dit gebeur dat ons verlore raak.  Ons raak onafhanklik van Hom (vers 12).  Ons loop dan weg van die Vader af (vers 13).  Die lewe weg van Hom af is ‘n lewe wat uitloop in bankrotskap (vers 14).  Dit is eers in ons nood wat ons tot inkeer kom (vers 17-19).  Dit loop uiteindelik op skulderkenning uit (vers 18).

Sien jy God se groot blydskap oor mense wat terugkom na Hom toe?  Kyk na die woorde: innig jammer; hardloop hom tegemoet; omhels; soen; Maak gou, bring klere; sit ‘n ring aan sy vinger; bring die vetgemaakte kalf (vers 20-23).  Dit is God se vergifnistaal.  God raas en verwyt nie wanneer ons huis toe kom nie.  Hy is te bly dat ons die pad terug gekry het.

Ons is dikwels soos die oudste broer wat vol verwyte is (vers 28-30).  Ons sukkel om bly te wees oor iemand se tuiskoms.  Natuurlik het Jesus met die beeld van die oudste broer in die eerste plek na die Fariseërs en skrifgeleerdes verwys (vers 1-2). Maar Hy maak ook elkeen van ons skaam wie nie in sy blydskap deel nie. Om by God te wees gee ons genoeg rede om permanent fees te vier (vers 31). Maar dan moet ons dit ook gun aan ander om terug te keer (vers 32). Meer as dit – ons moet saam bly wees!

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.