ToekomsVenster: Verhale van vergifnis en herstel


lente-bloeisel-deur-rene-roux

Foto: René Roux.

Lees: Lukas 15:11-24

Raak prakties

Ons het nou reeds na drie kragtige verhale van vergewe en herstel gekyk – Petrus, die hoëpriester, Jesus en die Verlore Seun … was jy in jou nadenke oor God se handelinge met/in jou lewe van albei aspekte bewus … dat Hy jou nie net vergewe en vryspreek nie, maar jou ook kragdadig weer oprig en herstel? Watter effek dink jy sal hierdie tweede aspek in jou lewe en dienswerk (in sy koninkryk) hê? Wil jy nie langs Jesua of die Verlore Seun gaan staan en ervaar hoedat die Here weer die tulband om jou kop draai, of vir jou skoene aantrek en ʼn ring aan jou vinger sit nie …?

Iets om oor na te dink

Lees Psalm 51 in The Message.

Gebed

Here, ek eer U vir u genade en guns so groot. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.