ToekomsVenster: Vermorste genade

voels-in-vlug-snowy-egret

Foto: Skeeze/Pixabay.com

“As medewerkers van God doen ons ’n beroep op julle om te sorg dat julle die genade van God nie tevergeefs ontvang het nie. Hy sê: “Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor, en op die dag van redding het Ek jou gehelp.” – 2 Korintiërs 6:1-2

“Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het… om die genadejaar van die Here aan te kondig.” – Lukas 4:18-19

Dink hieraan

Waar in jou lewe het jy al God se genade, goedheid en vergifnis beleef? Dink ’n bietjie verder: waar in jou lewe het jy ervaar dat mense jou goed behandel en vergifnis toon, toe jy dit eintlik nie verdien het nie?

Hoe sal dit lyk as jy, jou gesin en julle gemeente, die genade (die oorvloedige goedheid) van God met die wêreld om julle deel?

Gebed

Here, ons bely dat ons U onverdiende genade vanselfsprekend aanvaar het. Ons verdien nie om weer te vra nie, maar waar ons U genade vermors het, maak ons vry en sit ons voete op ’n nuwe pad. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.