ToekomsVenster: Verskillende stemme


hande-in-gebed

Foto: Argief.

Moenie dat iemand julle met allerlei onwaarhede mislei nie… Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ‘n goddelose tyd.  Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen. – Lees Efesiërs 5:11-17

Die lewe vra versigtigheid en verstandigheid van ons en dat ons opreg sal probeer te wete kom wat die Here wil hê ons moet doen.  Dit is nie genoeg om net te weet wat die Here wil hê ons moet doen nie; ons moet dit ook gaan dóén.

Hierdie te wete kom wat die Here wil hê ons moet doen, vra dat ons meer luisterprosesse sal gebruik.  Prosesse wat kan help:

  • Mediteer gereeld as deel van jou gebed en vra herhaaldelik wat God besig is om vir jou te sê.
  • Maak gebruik van ‘n joernaal wat jy daagliks in stand hou waarin jy aanteken wat jy dink jy van God gehoor het. Hieruit gaan jy later patrone en bevestigende boodskappe van die Here raaksien.
  • Doen moeite met jou Bybellees. Lees tot driekeer deur ‘n teks en gebruik ook ander vertalings wat jou kan help om deeglik te verstaan wat God vir jou sê.
  • Luister na die stemme van medegelowiges en kyk vir bevestigings van wat jy in die Bybel as boodskap beleef het.
  • Vra gereeld dat God jou verstand sal open sodat jy ook logies en verantwoordelik kan dink.
  • Maak seker dat jy ‘n gesonde waardesisteem in plek het waaraan jy jou keuses kan toets.
  • Bid om die vrede wat die Heilige Gees bring wanneer jou besluit geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.