ToekomsVenster: Versoening of restitusie?

blomme-liefde-geskenk

Foto: Klimkin/Pixabay.com

“Maar Saggeus het opgestaan en vir die Here gesê: “Here, ek gaan die helfte van my goed vir die armes gee, en waar ek iets van iemand afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.” – Lukas 19:8

Sommige mense praat van versoening en herstel; ander praat van restitusie en geregtigheid. Die storie van God met sy mense is ’n storie van beide: versoening / herstel en restitusie / geregtigheid. God se storie is een van herstellende (helende) geregtigheid: om al helende reg te maak wat verkeerd is; om al versoenende te verdeel wat onregverdig uitgedeel is.

In die mooi storie van Saggeus en Jesus kom versoening en restitusie bymekaar. Jesus en Saggeus word vriende, ten spyte van Saggeus se verlede.

Hoe loop volgelinge van Jesus met mekaar saam – waar sommige aan die ontvangkant van onreg staan en ander aan die uitdeelkant?

Dink hieraan

Miskien kan jy hieroor saamdink in jou gesin of gemeente: hoe kan ons prakties versoening en restitusie meebring?

Gebed

Here, leer my om te versoen soos Jesus en Saggeus. Leer my om reg te doen waar ek aan die verkeerde kant gestaan het. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eish ·

Teenoor wie? Jy sal moet die ding by die naam noem dominee! Soos in die verse aangehaal. Sageus was n tollenaar en die groepie het maar hulself goed gehelp aan geld wat hul nie toe gekom het nie. Dit is hoekom ons sy ware berou kan sien in die feit dat hy diegene wat hy te na gekom het, vierdubbel vergoed, asook die feit dat hy helfte van sy besittings aan die armes gee. Dit is die lewensveranderende effek van ware bekering, van die pad stap met sy Redder. Nou my liewe dominee, ons is bewus daarvan dat die kerk se profetiese stem verstil het. Nou gooi u n paar ernstige Bybelse begrippe in n niksseggende verband in die bos en hoop dit tref iets. Asseblieftog, noem sonde, sonde. Spesifiseer u boodskap sodat dit met die mense kan praat! Moenie bang wees dat u bydraes gaan afneem indien u die kerk se profetiese stem laat hoor nie! Moenie bang wees vir n Spur reaksie nie. Sny die woord van die Waarheid reg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.