ToekomsVenster: Verspeelde kanse en vergifnis


Vergifnis

Argieffoto.

Die nuwe jaar is op hande en ons neem afskeid van 2016. Ons oorweeg ʼn paar gedagtes waarmee ons gekonfronteer word. Vandag gaan dit oor verspeelde kanse en geleenthede.

Ek weet nie of daar ʼn mens is wat kan sê dat hy/sy by elke geleentheid beantwoord het aan sy/haar skeppingsdoel, naamlik om as dissipel voluit te leef en in alle opsigte daaraan getrou te wees nie.

Baie het sekerlik erns gemaak met God en kon genadiglik iets daarvan beleef. Tog het ons nie in alle opsigte van alle geleenthede gebruik gemaak het.

Daar is geleenthede wat vir altyd verby is en hulle nie weer sal voordoen nie.

Dis deel van die bagasie wat ons nie met ons die toekoms in wil saamneem nie.

Luister na hierdie bevrydende waarheid:

Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. – Jesaja 1:18

Hy is nie ʼn God wat verwyt en boekhou van die kwaad nie, veel eerder Iemand wat ons met liefde en ontferming, begrip en deernis omarm en begenadig.

Hy sal jou weer vertrou. Aan ons is die bediening van die versoening toevertrou volgens 2 Korintiërs 5:13.

In 2017 sal ons Hom met nuwe ywer dien. Ons wil nie soos die bekende lied met leë hande by Hom opdaag nie:

Hallelujalied 234

1. Moet ek gaan met leë hande,
Moet ek so my Heer ontmoet?
Nie een dag aan Hom gewy nie,
Niks te offer aan sy voet?

Koor:
Moet ek gaan met leë hande,
Moet ek so my Heer ontmoet?
Nie een siel gelei na Jesus,
Niks te offer aan sy voet?

Ontvang God se bevrydende genade en vergifnis in Jesus se Naam.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan Bester ·

Ongelukkig gaan menigte gaan met leë hande.Die Here self sê min sal ingaan in Sy heiligdom.
As die wit Afrikaners net wil omdraai die Here dien.Sondag weer n heilige dag
maak.Uit malls bly en die sport afgod die rug gee kan die Here die land genees binne oomblike en ons sal almal ingaan mer vol hande.

Lena Jonk ·

Ja ons is so vol sonde, hoe gaan ons, ons Heer ontmoet. Dit is so waar dat die mensdom vandag alles wat verkeerd is as reg beskou, die Bybel word verdraai net om by ons aan te pas. Daar is net een uitweg, keer terug na God, begin weer om te bid, daar is GEEN ander weg nie. Die mense wat so met ons God spot moet onthou dat elkeen voor Hom sal staan en verantwoording doen, of hulle dit wil glo of nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.