ToekomsVenster: Vertel jou storie

pad

Foto: Vidar Nordli-Mathisen/Unsplash.com

Die Here werk individueel en uniek in elke mens se lewe. Daar is geen duplikate nie. Ons is eenmalig, strategies ontplooi vir ʼn tyd soos hierdie. Ons gebruik nie woorde soos noodlot en toeval nie. Ons lewe uit die hand van God. Hy is in beheer.

Oorweeg die volgende vrae:

  • Waar en hoe het jy die Here ontmoet?
  • Wat was jou konteks op daardie stadium, goed of sleg, uitdagend of bevredigend, normaal of buitegewoon druk?
  • Hoe het die Here jou aandag getrek?
  • Wat was jou aanvanklike reaksie?
  • Wat het Hy vir jou gesê en hoe het jy daaroor gevoel?
  • Wat het jou laat besluit om Hom met jou lewe te vertrou?
  • Was jy al ooit spyt? Waaroor?
  • Hoe beleef jy die Here elke dag in jou lewe?
  • Sal jy die lewe saam met Christus aanbeveel? Waarom?

Hierdie vrae help jou om ʼn bietjie na te dink oor jou unieke pad saam met die Here. Onthou niemand se reis lyk presies soos joune nie.
Het jy al iemand al daarvan vertel?

Op ʼn onlangse reis wys die Here my broer, self ʼn evangelis, hoe onderskeidend die Moslem dame daaruit sien. Haar kleredrag maak dit vir almal duidelik wat haar oortuiging is en sy gee sonder verskoning rekenskap daarvan. Uiteraard glo ons anders terwyl ons ander mense se oortuigings respekteer.

Die Gees laat my broer toe oplet na die ander mense in die omgewing. Niks wat ʼn wenk gee dat hulle ʼn Christelike lewensoortuiging het nie.
So word ʼn unieke projek gebore wat rondom Pinkster elke jaar uitspeel (alhoewel nie tot Pinkster beperk is nie). Christene dra ʼn lapelwapentjie met die woorde “ek glo, vra my waarom?” Meer as 50 lande in die wêreld neem al reeds op die een of ander wyse deel daaraan.

Uiteraard lei dit tot heelwat spontane gesprekke met baie geleenthede om te vertel wat jou oortuiging is.

Miskien wil jy so ʼn lapelwapentjie bekom. Skryf vir ons by [email protected]

Waarom (en wat) glo jy? Vertel iemand. Daar is nie nog so ʼn verhaal nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.