ToekomsVenster: Vertrou Hom vir meer

juanita-badenhorst-04-sonsopkoms

(Foto: Juanita Badenhorst)

Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen. – Efesiërs 3:20-21

Hierdie lofverheffing behoort ons opgewonde, positief en bemoedig te laat. God is in staat om meer te doen as wat ons bid of dink, trouens, ons dink dalk heeltemal te klein oor ons lewens en wat God se bedoeling daarmee is.

As dat daar ʼn God is, en daar is…

As Hy almagtig is, en Hy is…

As Hy goeie bedoelinge met ons het, en Hy het…

As Hy gebede beantwoord, en Hy doen…

As Hy in alle opsigte getrou is en Hy is…

As Sy beloftes waar is en dit is…

Kan, mag en moet ons Hom vir en met meer vertrou.

Ons lewe dikwels met ʼn “ek sal self regkom” houding. Ons voel dat God traag of stadig is as dit by die beantwoording van ons gebede kom. Ons voel dat die saak te gering of te groot is vir God. Ons voel dat ons inbreuk maak op God se besige program om Hom met die besonderhede van ons lewens te vertrou.

Watter vader is daar wat nie ʼn behae skep daarin dat hy in die fynste besonderhede van sy kinders belangstel en indien hoegenaamd moontlik die antwoord op daardie versugting is.

As dit dan van ons as aardse vaders waar is, hoeveel te meer van God ons Vader. Trouens die Bybel leer dit ook, gaan lees gerus Matteus 7:11:

As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.