ToekomsVenster: Vertrou op God


bekommernis

Argieffoto.

Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so?  Vertrou op God!  Ja, ek sal weer vir Hom ‘n loflied sing.  Hy is my helper en my God! – Lees Psalm 43:5

Goeie vraag!

As my bankrekening ver in die krediet was (baie-baie geld), sou die noodwendige uitgawes van my daaglikse bestaan my mos nie bekommer nie.

Trouens, dan oorweeg ek nie eers die prysetiket nie want ek weet daar is genoeg beskikbaar.

(Toegegee, dis ‘n luukse wat nie baie van ons beskore is nie, maar darem iets om oor te droom!)

Die punt is, ons moet ons nie moeg maak oor goed nie.

Dis wat Psalm 16 ons mos ook geleer het.  Die Here sorg.

Daar is genoeg, materiële, geestelike en emosionele versorging.

Beskutting en sekuriteit.

Hy is in alles betroubaar en getrou daarin dat Hy as God van die verbond (“Ek wil jou God wees”) in elke opsig sorg en versorg (Genesis 17:7).

“Ek bring ‘n verbond tot stand tussen My en jou en jou nageslag en al hulle geslagte. Dit is ‘n blywende verbond:  Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag.

Ons almal ken die frustrasie van iemand wat in jou ore kerm.  Kinders doen dit mos met oorgawe. Iewers raak ‘n mens ietwat gefrustreerd en roep die liefding tot orde. “maar ek het mos gesê…”

God hėt mos gesê.

Daarmee wil ek nie suggereer dat God net soos ons gefrustreerd raak nie, maar daar is darem ‘n verskil tussen vra, (soos die persoon wat bly klop het en Jesus se belofte dat wie klop, soek, vra…) en kerm (Matteus 7:7).

“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word.

Die een se basis is geloof en vertroue, die ander ongeloof en wanhoop.

Vertrou liewer op God, sê die digter.

Hy sal jou nie teleurstel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SNEL ·

Hebreërs 13:5 dink ek sluit goed hierby aan. Julle gedrag moet vry van geldgierigheid weed. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.
Ons moet probeer om nie soos Petrus te wees en ons oë van Jesus af wegvat, en ons oë op die storms in ons lewens te plaas nie, want dan gaan ons ook deur omstandighede oorweldig word en sink in n warboel van emosies. Dis slegs met ons oë op Jesus en as ons ons verdiep in Sy Woord dat ons staande sal bly deur die lewe en alles daarin…en volhard in gebed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.