ToekomsVenster: Vertrou op God


Vertrou-op-God

Foto: Reint Dykema.

Ek wil jubel en juig oor u troue liefde: U was nie onverskillig teenoor my ellende nie; U het die bedreiging van my lewe raakgesien. – Lees Psalm 31:8

God staan nie apaties teenoor ons uitdagings nie, selfs wanneer ons self vir die chaos verantwoordelik is.  Hy laat ons nie aan ons eie lot oor terwyl Hy half vermakerig op afstand staan en kyk hoe ons die saak gaan beredder, wetende dat ons totaal onmagtig is om iets daaraan te doen nie.  Die verlore seun is ‘n goeie en aangrypende voorbeeld van die verbysterende gesindheid van ons Vader se liefdevolle omgee onder alle omstandighede.

Somtyds voel dit soos dryfsand onder ons. Dit voel of die ellende ons wil verswelg.

God gee om, Hy luister, Hy verdedig ons teen ons vyande, Hy red ons van die dood en gee ons ‘n vastrapplek in die lewe.

As die stryd verby is, is ons steeds op ons pos, omgord met sy Waarheid.  (Efes. 6)

As Goliat oor ons troon gee hy die oorwinning, selfs met die nederigste wapens tot ons beskikking.  Die God wat ons dien is ‘n magtige Krygsman, in staat om meer te doen as wat ons dink.

Vertrou Hom in jou stryd, Hy sal jou nie teleurstel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.