ToekomsVenster: Verwyder van die Bron


Geloof

Argieffoto.

Lees Genesis 3:7-24

Ongehoorsaamheid aan God en die begeerte om self soos God te wees het drastiese gevolge vir die mens ingehou. Wanneer ons hierdie gedeelte lees, sien ons dadelik ‘n hele paar reaksies en gevolge wat nie vroeër deel van die skepping was nie:

  • skaamte en ongemak (v7)
  • vrees as gevolg van skuldgevoelens (v8)
  • ontvlugting van God se teenwoordigheid waar niks verborge is nie (v10)
  • blamering van ander vir jou ongehoorsaamheid (v12-13)
  • vervloeking wat die hele skepping raak, pleks van seën (v14, 17)
  • verwydering van God se direkte teenwoordigheid (v23)

Dink ‘n oomblik na oor watter rol hierdie dinge tans in jou lewe speel. Saam met dié dinge het die mens natuurlik ook die volmaakte aanvaarding, liefde en sekuriteit wat God se teenwoordigheid meegebring het, verloor. Dit het by ons almal ‘n baie diep dors na aanvaarding, sekuriteit en liefde geskep.

Die res van die Bybel vertel ons wat die oplossing vir die probleem is: Dit vra ‘n terugkeer na die Bron sodat jy jouself weer onder God se Koningsheerskappy kan stel. Jy kan nie op jou eie die pad terugvind nie; daarvoor het jy ‘n Leermeester en Leier nodig wie se dissipel (leerling) jy kan word sodat Hy vir jou die pad kan wys. Meer nog: Iemand wat vir jou die pad terug na die Bron kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.