ToekomsVenster: Vier die vergifnis van God


Vergifnis

Argieffoto.

Toets my, Here, keur my, ondersoek my deur en deur. – Lees Psalm 26:2

Dis nogal ʼn uitdaging om so onvoorwaardelik jouself aan die toets van God te onderwerp. Ek vermoed dat die meeste van ons bewus is van selfs verskeie areas in ons lewens wat hierdie toets nie sal slaag nie. Dalk omdat ons reeds geruime tyd die inspraak van die Heilige Gees ondervind rakende sekere probleem areas in ons geestelike lewe. Dit kan verband hou met onvergewensgesindheid, afguns en jaloesie, vooroordele en agterdog ens.

Om by die punt te kom waar ʼn mens sonder om te aarsel jouself aan die toets van die Heilige Gees kan onderwerp getuig van ʼn redelike volwasse persoon. Die bevryding van ʼn versoende lewe is buitegewoon kosbaar. Kom ons loop nie met onbelyde sondes in ons lewe rond nie. Kom ons vier die vergiffenis wat in Christus ons deel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

neelsie ·

Jesus het vir ons die voorbeeld van vergifnis aan die kruis gestel, as ons onsself Sy volgelinge wil noem ,moet ons ook so lewe.

Pieter ·

Neelsie, as ons dan soos Jesus moet lewe, watter nut was daar dan dat Hy vir ons geoffer was?? Het hy nie juis so gelewe en ook geoffer, dat ons nie hoef nie? Ek glo ons moet Christus se vergewensgesindheid hê, maar ons hoef nie tot die uiterstes te gaan wat Hy gegaan het nie. Hy is ook die regter en ons behoort ons griewe juis na Hom te neem vir uitspraak……..nie self uitspraak lewer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.