ToekomsVenster: Vierdubbel terug

karoo-vensters-04

Foto: Juanita Badenhorst.

Lees: Lukas 19:8:

“Maar Saggeus het opgestaan en vir die Here gesê: ‘Here, ek gaan die helfte van my goed vir die armes gee, en waar ek iets van iemand afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.’”

Gebed:

Hemelse Vader, ons land en sy mense het herstel nodig. U Woord leer ons dat wanneer U ’n land seën, daar meer as genoeg vir almal sal wees. Ons bid U guns en seën oor Suid-Afrika. Ons bid vir wysheid, deernis en genade vir ons leiers wanneer hulle beraadslaag oor hoe om rykdom en die natuurlike bronne van ons land regverdig te verdeel, sodat alle inwoners van ons land daarby sal baat. Ons bid dat die proses van herstel en regstelling regverdig, billik en vredevol sal wees. Help ons as Suid-Afrikaners sodat ons ’n getuienis van versoening en restourasie sal wees. Amen!

Leefwyse:

Om sensitief te wees vir jou foute in die verlede en om te gaan regmaak waar jy verkeerd was, vra baie. Maar dis die pad van die evangelie. Waag dit vandag op dié pad.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lena Jonk ·

Baie waar, as die volke terug kom na God en Hom alleen aanbid sal Hy Genadig wees en SA weer op voorspoed pad neem. Die leiers en almal na wie opgesien word moet dit doen. Mammon mag nie wen nie.

Eish ·

Eksodus 20:5
” want Ek, die Here jou God is n jaloerse God want die misdaad van die Vaders besoek aan die kinders, aan die derde en die vierde geslag van die wat my haat; ”
Herverdeling impliseer n katalisator wat bes moontlik uitbuiting en onregmatige verkryging aandui ten einde die stap te inisieër.
Regstelling impliseer n foutiewe handeling se herstel.
Daar is tans 600 000 armblankes en die syfers groei met 7500 per jaar.
Die ekonomie is flenters en besighede bloei hul dood.
Daar is feitlik geen werksgeleentheid vir blankes nie.
Het ons voorouers dus onregmatiglik hul gevestig hier ten koste van die inheemse bevolking?
Het die Afrikaner se inisiatiewe om die armlastige boervolk uit die as op te tel, inbreek gemaak op ander se regte?
Hoekom preek en bid jul altyd die pragtige woorde wat absoluut niks van n belydenis bevat nie en niks spesifiseer nie?
Waar het ons verkeerd gedoen dat ons, ons sonde kan bely en laat staan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.