ToekomsVenster: Vir wie is hierdie belydenis bedoel?

silhoeet-skadu-wolke

Foto: Juanita Badenhorst.

Jesaja 25:1 – Here, U is my God! U sal ek verhoog; u Naam sal ek loof; want U het wonders gedoen, raadsbesluite uit ver tye, waarheid en trou.

Ek vertrou dat hierdie belydenis ook die afgelope week ʼn appél maak op jou aandag. Soos reeds genoem is daar ʼn hele aantal interessante vrae wat met die belydenis verband hou. Vandag vra ons vir wie hierdie belydenis bedoel is?

Iewers in die nuwe Testament se Jesus dat gesonde mense nie ʼn geneesheer raadpleeg nie.

Matteus 9:12 – “Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie ‘n dokter nodig nie, maar dié wat siek is”.

Dit spreek tog vanself dat ʼn mens nog jou, of iemand anders, se kosbare tyd en geld op so ʼn afspraak wil vermors. Ek kan myself die reaksie van die dokter voorstel as hy vra waarom jy by hom aangedoen het en jy geen antwoord het nie. Nee, ʼn mens gaan dokter toe omdat daar een of ander fisiese of emosionele, selfs geestelike ondertone is wat jou siek maak.

Die Fariseërs en Skrifgeleerdes het geen begrip van sonde nie. Hulle beskou hulself as uitsonderlik en regverdig. Hulle kyk op ander neer en verhef hulself. Ook Jesus funksioneer nie op die standaard wat hul aan hulself toeskryf nie.

Hulle is egter blind en hul onvermoë om geestelike waarhede, in besonder die waarheid aangaande Jesus van Nasaret te interpreteer is skreiend en blatant. Tog kom Nikodemus in die nag na Jesus om te vra wat ʼn mens moet doen om die ewige lewe te verkry.

Johannes 3:3 – Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”

Die gesprek is aan elkeen bekend. Die wedergeboorte is God se werk in die hart van ʼn mens. Wanneer jy bewus word van die wekroep in jou gees, antwoord jy in bekering.

Dan verklaar God jou op grond van die offer wat Jesus gebring het, regverdig. Die regverdiges leef deur die geloof. Dit is geregverdigde mense wat die belydenis waaroor ons hierdie week nadink, dankbaar op hul lippe neem.

Die grootsheid daarvan bly hulle by. Hul kan van die hemelse realiteit nie genoeg kry nie.

Die direkte gevolg is die lofverheffing wat deel van die eerste vers vorm.

Die woorde van “Amazing Grace” kom by my op. Ek het die allermooiste weergawe daarvan by Coenie de Villiers gehoor.

Here U is my God, en ook ‘n God vir die mense wat weet dat hulle siek is en ʼn geneesheer nodig het en Hom inderdaad raadpleeg.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Blomme

Amen