ToekomsVenster: Visie beteken God wil jou betrek by sy planne


watter-pad-om-te-neem

Argieffoto.

Lees Efesiërs 2:1-10

Ek glo daar is in werklikheid baie maniere waarop die kreatiefste Persoon in die heelal jou by sy planne kan betrek. Hy is jou Skepper, ken jou uniekheid, gawes en vermoëns en is bewus van baie plekke waar en maniere waarop Hy jou kan gebruik. Dus, as jy dalk iewers in ongehoorsaamheid aan God ‘n geleentheid misgeloop het om deel te wees van dit wat Hy doen, beteken dit nie jy het vir altyd die bus verpas nie. Nee, die oomblik wanneer jy weer jou lewe aan Hom toewy en jou oopstel vir die visie wat Hy vir jou het in die lewensfase waarin jy nou is, word dit weer moontlik om by sy planne betrek te word.

Wanneer jy dit doen kan jy maar weet daar wag ‘n baie opwindende reis op jou. Dit sal of kan op geen manier vervelig wees nie, want God, en dit wat Hy doen, is alles behalwe vervelig. Dit gaan nie noodwendig altyd maklik wees nie, want nie almal gaan daarvan hou nie. Maar jy gaan vir God op ‘n manier leer ken wat jy nie voorheen besef het moontlik is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.