ToekomsVenster: Visie of ambisie?


ToekomsVenster-3-voorblad

Die ToekomsVenster stiltetyd-dagboek. Foto: Verskaf.

Lees Johannes 21:15-19

Ons het die week stilgestaan by wat dit beteken om jou kruis op te neem of aan jouself te sterf. Dikwels wanneer ek met mense hieroor praat, sal hulle sê: “Maar ek kan tog nie my wil en toekomsplanne prysgee nie. Ek kan mos nie sonder ‘n toekoms leef nie!” Nee, natuurlik nie. Dit is ook nie die gedagte nie. Om aan jou eie naam, koninkryk en wil te sterf is niks anders as om aan jou eie ambisies te sterf nie. Ambisie is iets wat jou in die rigting dryf waar die hele lewe oor jouself gaan – hoe jy vir jouself kan naam maak of ‘n koninkryk kan opbou.

Dit is eers wanneer ‘n mens voor die weg, die waarheid en die lewe te staan kom dat jy begin besef jou ambisie lei jou eintlik op ‘n gevaarlike pad.

Visie is ‘n baie kragtiger energeerder as ambisie. Mense met ambisie het baie mededinging en alles wat daarmee saamgaan, soos agterdog, afguns, en oneerlikheid. Mense met visie is vry van alle mede-dinging en kan net volg waar die Herder lei.

  • Wonder jy waar en hoe ‘n mens die stiltetyd-dagboek vir 2015 kan bekom? Jy bestel dit deur vir Drienie te skakel by 011 665 2017 of deur ʼn e-pos te stuur aan [email protected]. Loer ook gerus in by die webadres: toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Aggie ·

ons hou baie van elke dag se boodskap maar nie van advertensies van boeke na die lees. Dis onvanpas

Sune van Heerden ·

Dagsê Aggie

Die boek wat ons “adverteer” is die boek waaruit die stuk geneem is. Jy kan dus die boek koop en al die stukkies byderhand hê, dit is die “ToekomsVenster stiltetyd-dagboek”. Ons publiseer dit dus doelbewus direk onderaan die ToekomsVenster-gedeelte, dit is juis waar dit hoort.

Ons is ook dankbaar aan Deon Loots wat dit vir ons gratis beskikbaar stel, sodat ons dit weer op ons beur gratis aan die lesers kan beskikbaar stel.

Kontak ons gerus by [email protected] indien jy enige verdere navrae hieroor het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.