ToekomsVenster: Visie skakel alle mededinging uit


Liefde-vir-God

Argieffoto.

Lees Filippense 3:1-14

Paulus het op ‘n tyd geroem op ‘n “CV”, op dit wat die mense as groot prestasies of ‘n besonderse lewe beskou het. Op ‘n dag het Jesus hom egter voorgekeer, die koers van sy lewe het verander en hy is gevul met die visie wat God vir hom gehad het.

Daarna het alles verander. Sy “CV” het nie meer saak gemaak nie. Hy het opgehou om homself met ander te vergelyk. Dit wat vroeër vir hom so waardevol was, het nou alle waarde verloor. Nou, as dissipel van Jesus Christus, het hy tot die insig gekom dat die verlange om Jesus Christus te ken en te leer ken alles in waarde oortref. Op hierdie pad wat hy nou geloop het, was daar geen mededinging meer nie, niemand wat ‘n bedreiging ingehou het vir die doelwitte wat hy wou bereik nie. Daar was wel teenstand, maar nie mededinging nie.

So is dit met elke mens wat ‘n visie van God ontvang. Sulke mense word vry van wedywering en mededinging. Daar is geen nodigheid vir agterdog, afguns, korrupsie, verkullery of gekonkelry om die kontrak te kry of om die grootste slag te slaan nie. Die visie wat van God kom, is immers uniek. Dit is jou visie en sluit aan by wie jy is en wie God jou gemaak het om te wees. Al wat dan van belang is, is om Hom in gehoorsaamheid te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.