ToekomsVenster: Visie vra gehoorsaamheid, nie sukses nie


Ons-Vader-in-die-hemel

Argieffoto.

Lees Jeremia 29:1-14

Dit is vreem dat so baie mense bang is om volledig aan God se beheer en wil oor te gee. Die vrees dat God iets van mense sal vra waarvoor hulle nie kans sien nie, is iets wat ek dikwels teëkom. Die enigste rede waaraan ek kan dink waarom mense so ‘n vrees het, is doodeenvoudig omdat hulle nie God werklik goed genoeg ken nie. Die Bybel leer tog vir ons dat God ‘n goeie Vader is, dat Hy geduldig, vriendelik , vol liefde en ontferming en genadig is, en net dit wat goed is vir sy kinders beplan.

Ons sien en hoor dit ook duidelik in die gedeelte wat ons gelees het. Ons vind hier vir Israel nadat hulle jare lank in ongehoorsaamheid aan God geleef het, en as gevolg van hulle ontrouheid in ballingskap in ‘n vreemde land beland het. God stuur dan sy profeet na hulle toe om hulle te bemoedig, nie om met hulle te raas nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.