ToekomsVenster: Vooraand van Jesus se hemelvaart


Foto: pixabay.com

Foto: pixabay.com

JOHANNES 16:7

Tog sê Ek vir julle die waarheid: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur.

Aan die vooraand van Jesus se hemelvaart en vertrek van die aarde af, verseker Hy die ontstelde dissipels Sy weggaan is voordelig vir hulle. Na sy mensheid, kon Jesus net op een plek wees. Die Heilige Gees sal egter woning maak in elke ware gelowige en derhalwe Jesus teenwoordig stel, ongeag waar gelowiges hulle bevind. Deur die Heilige Gees is die lewende Christus oral en altyd teenwoordig. Die Heilige Gees leer en begelei ons. Hy is die Trooster en tree vir elke gelowige by die Vader in. Hy verteenwoordig dus die belange van elke gelowige by God die Vader. Hy verteenwoordig ook die Vader by elke Christen deur van hulle Sy woning te maak. Dis heerlik om die Heilige Gees toe te laat in ʼn mens se lewe en optrede.

ROMEINE 8:26

Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Phillip ·

Dankie vir Maroela vir die pos van gedagte van die dag dit is kos vir die siel en inspereer . Ek kan nie wag om die werk tekom om net weer nog kos tekry dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.