ToekomsVenster: Voorspoedteologie

sonneblomme_CR3E8547.jpg

Foto: Reint Dykema

“Gee, en aan julle sal gegee word: ’n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.” – Lukas 6:38

Raak prakties

Terwyl die beginsel agter saai en maai of dan “gee” die waarheid is, is dit juis die motivering wat die verskil maak. As die gewer se enigste
motivering is om voordeel te trek uit sy gawe, is hy of sy nog in ’n onvolwasse fase in sy lewe. Om te gee, of dan te offer, kom uit die
aard van die saak as gevolg van gehoorsaamheid aan God, maar die motivering moet altyd liefde wees. Ek gee omdat liefde my dryf. Kyk gereeld na jou hart om seker te maak wat jou motiveer om te gee.

Iets om oor na te dink

Een van die gevare van voorspoedteologie is dat dit die deur na materialisme kan oopmaak. Die gevaar van ’n materialis is dat hy dinge liefhet en mense gebruik, teenoor God se plan om dinge te gebruik en mense lief te hê.

Gebed

Here, dankie dat ek in liefde gehoorsaam aan U kan wees met my offers.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Koos ·

Die onvolwasse een is nie die gewer nie, maar die vraer. Vra heeltyd vir geld vir pakette van R600 000 vir byna niks doen. Ander volwassenes werk bitter hard en met groot verantwoordelikhede vir R 300 000. Daaruit moet hul dan nou hierdie vraers voorsien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.