ToekomsVenster: Vrees beperk avontuur

vrees

Foto: Pixabay/Pexels.com

“Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom.” “Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red my!” – Matteus 14:28-29

Vrees is die donkerkamer waar negatiwiteit ontwikkel. Hoe kan ons daardie vrees wat maak dat ons na veiligheid, sekuriteit, gerief en risiko-beperking smag, aanspreek? Deur op te hou om nee te sê vir soveel dinge net omdat dit ons bangmaak.

Die enigste manier om die greep van vrees te breek, is om uit die boot te klim. Dit is hartseer dat ons soveel avontuur en uitdagings misloop wat veronderstel is om deel te wees van die lewe van elke gelowige.

Dink hieraan

Ai, die liewe vrees darem. Dis opmerklik hoe dikwels die Skrif sê dat ons nie bang moet wees nie.

Wat maak jou vandag bang? Vrees immobiliseer mense. Jy kom nie aan die gang nie. Boonop geniet jy nie dit waarmee jy besig is nie en jou motivering is verdag. Wat deur vrees aangedryf word, kan geen goeie en blywende resultate lewer nie. “Moenie vrees nie” sê Jesus vir Sy dissipels.

“Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.” – Matteus 10:31

Dis dieselfde woorde wat vandag na jou toe kom.

Gebed

Here, ek wil vry wees van vrees en nie die avonture wat U vir my beplan het, misloop nie. Gees, sal U my asseblief versterk sodat ek die uitdagings van die lewe met moed en vrymoedigheid kan aanpak. Ek wil uit hierdie donkerkamer van negatiwiteit stap en op die waters van avontuur saam met U loop. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.