ToekomsVenster: Vroegdag besig met God se Woord


dagbreek

Foto: Visit361/Pixabay.com

Ek voel weer veilig, o God, ek wil ʼn lied sing, ja, ek wil sing, ek wil vroeg opstaan, met harp en lier wil ek die rooidag wakker maak. – Psalm 108:2-3

Dis die manier waarop God ons gemaak het. Ons is nie “gebou” vir onsekerheid nie. Ons floreer te midde van gesonde uitdagings. Daarvan het die lewe sommer baie en dit bou karakter en laat ons toeneem in ons vertroue op die Here.

Maar die ervaring dat die “aarde onder jou padgee” is nie ons eerste keuse nie. Tog gebeur die lewe en terwyl ons aan hierdie kant van die ewigheid verkeer, sal ons uitdagings beleef.

Die digter vind sy krag en vertroue in ʼn noue geloofsverbintenis met die Here. Vroegdag is hy besig met die Here se Woord en beleef hy die Here se teenwoordigheid. Vroegdag is daar ʼn loflied in sy gemoed.

Ek is seker baie van ons het al wakker geword met ʼn heerlike loflied in ons hart. So ʼn dag verloop sommer anders.

As ek soggens vroeg tyd saam met die Here deurbring en veral in die lente en somer hoor hoe die voëltjies vrolik dankliedere sing, raak ek sommer liries oor die lewe en oor God.

Staan so ʼn bietjie vroeër op, God sal jou verras met sy teenwoordigheid en aanraking.

Van Dawid. Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof. – Psalm 103:1

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.