ToekomsVenster: Vroue in die samelewing

bid-vrou-son-stiltetyd.jpg

(Foto: Pixabay)

en julle vra: “Waarom dan nie?” Dit is omdat die Here weet wat gebeur het tussen jou en die vrou met wie jy van jou jeug af getroud is: jy was ontrou aan haar, ontrou aan jou eie vrou, die vrou aan wie jy plegtig trou belowe het. – Maleagi 2:14

Beriggewing en statistieke wil dit hê dat ʼn ontstellende aantal vroue op ʼn daaglikse basis in Suid-Afrika aangerand, verkrag en selfs vermoor word. Dat dit in ʼn beskaafde land soos Suid-Afrika plaasvind met sy hoë persentasie mense wat beweer dat hulle Christene is, is onrusbarend.

Dat die tyd waarin ons leef dramaties verskil van die tyd waarin die meeste van ons seker grootgeword het, is inderdaad so. Dit is eintlik eers met ʼn terugblik dat ʼn mens sien hoe verkeerd die samelewing se verstaan van man en vrou, veral binne die huwelik, is.

In baie gevalle het die man het dit homself toegeëien om nie alleen sy vrou nie, maar ook sy kinders met ʼn ysterhand tye regeer. Dat sy vrou mens in eie reg is en verdien om met dieselfde respek en keuse moontlikhede saam te leef, het nie by baie opgekom nie. Trouens meeste vroue het die reëling hul laat geval en dit as die norm aanvaar.

Geslagtelikheid hef nie waarde, uniekheid en individualiteit op nie. Op baie terreine van die lewe, trouens seker op meeste van die terreine wat tradisioneel vir manne was, het vroue toegetree en hulself onderskei. Dit was ʼn stryd om gelyke behandeling en besoldiging te ontvang. Daar is steeds sektore in ons samelewing waar die vrou agterbly net omdat sy ʼn vrou is. Dit is hartseer en moet ook verander.

Ek wil dus hê dat die mans by elke plek van samekoms met ‘n skoon gewete hande in gebed tot God moet ophef, vry van onmin en twis. – 1 Timoteus 2:8

Jesus het die vrou in die samelewing tot haar regmatige posisie verhef. Vroue het Hom in sy bediening op aarde ondersteun. Vroue was getuies van die opstanding en die eerste om te gaan vertel. Nog meer, ons Here en Heiland het deur ʼn  vrou in hierdie wêreld gekom.

Mens hoor onrusbarende verhale van emosionele, verbale en fisiese aftakeling van vroue. Dit strek manne nie tot eer nie. Die Bybel sê, omdat sommige hul vroue verwaarloos het, kan hulle nie bid en word hulle gebede noue verhoor nie. Maleagi betreur die verwaarlosing van vroue wat eens in hul jeug hul man se sieraad was.

Dit is nie net sogenaamde oortreders wat moet verander nie. Ons as manne het die verantwoordelikheid om te let op die manier waarop ons oor vroue praat, die grappies wat ons vertel en die goed wat ons steeds glo.

Vroue moet ons daarmee help.

Mans, julle moet verstandig met julle vroue saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder. – 1 Petrus 3:7

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.