ToekomsVenster: Waag dit om ’n tree te gee


Foto verskaf aan Maroela Media

Foto verskaf aan Maroela Media

Markus 1:1-15

Ons het gehoor die evangelie bestaan uit verskillende verhale. Dat elke verhaal uniek en besonders is en ’n ander aksent op die storie van die Bybel plaas. Jy sou hierdie verhale kon vergelyk met ’n diamant. Elke hoek en kant belig die skoonheid van die diamant. Elke hoek lyk anders, maar is net so besonders soos die vorige een en help jou om ’n ander gedeelte raak te sien.

Kom ons kyk na drie kante van hierdie diamant.

Ons begin by die missio dei – God stuur ons. Ons is gestuurdes in hierdie wêreld.

Die tweede kant van die diamant gaan oor die belangrikheid van verhoudings. Die Drie-eenheid is hier ons voorbeeld. Soos wat die verhoudings van die Drie-eenheid ook bepalend is van die Godheid, is ons verhoudings ook bepalend van ons geloof. Perichoresis – verhoudings is belangrik.

Die derde kant is die seerkry en gebroke kant. Mense is gebroke en het seer – juis daarom het Christus gekom (inkarnasie) om ons seer op Hom te neem. Wanneer Hy ons seer op Hom neem, help Hy ons om die ander mens in sy seerkry by te staan en te help.

Hierdie drie kan nooit so uitmekaar gehaal word dat jy net een aksent sal gebruik nie. Jy kan alleen, maar eerder in ’n gesprek, die een meer beklemtoon as die ander.

Gebed:

Wanneer ons die Bybel lees en in U teenwoordigheid inbeweeg, dan buig ons voor U grootheid Heer. Die wonder van die Bybel wat op ’n eenvoudige manier beklemtoon dat U ons liefhet, maar in dieselfde asem, die diepte van die rykdom en wysheid en kennis van die Bybel is te groot om te verstaan. Amen.

Leefwyse:

Dink so bietjie oor jou lewe; hou jy daarvan om te praat en sien jy kans om mense te vertel van Jesus, of is die verhoudings vir jou belangriker? Is jy ’n vredemaker, helper, ’n vriend in nood? Lê jou passie daarin om mense te help wanneer hulle seer het, trauma ervaar of in nood is?

Iets om vandag oor na te dink:

Die teks in Markus 1:1-15 gaan oor die God wat ons aanbid. Wat die teks besonders maak, is dat die Drie-eenheid hier aan die orde kom: Vader, Seun en Gees. Watter invloed dink jy het die drie kante van die diamant in jou gesprek oor gestuurdheid?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.