ToekomsVenster: Waar beleef jy God?


beleef-jou-wereld

Hoe beleef jy die wêreld om jou? Dit sal ook bepaal waar jy God nou beleef. Foto: Pixabay.com

Fokus vandag op waar jy God nou beleef. Ds. Jannie Pelser gesels vandag verder in die daaglikse ToekomsVenster-inisiatief oor hoe verskillende persoonlikhede God ontmoet en beleef.

Mense versamel en verwerk inligting op verskillende maniere. Sintuiglike of sensoriese mense ervaar God deur die konkrete en die spesifieke. Gereelde sistematiese studie en stap-vir-stap metodes vir geestelike groei “werk” vir hierdie mense. Hulle beleef hulle spiritualiteit hier en nou in die belofte van die ewigheid.

Gelowiges wat intuïtief waarneem sien God deur paradokse en misterie. Vernuwende geestelike aktiwiteite en innoverende dissiplines “werk” vir mense met hierdie persoonlikheidstipe. Hulle leef met ‘n visie na die ewigheid toe en is nou en dan in die hier en nou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.