ToekomsVenster: Waar is die ware wysheid?

tyd-uurglas

Foto: @aronunsplash/Unsplash.com

Terwyl daar bittere naywer en selfsug in julle harte is, moet julle nie daarmee spog dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie. Dié soort wysheid kom nie van Bo nie, maar is aards, sinlik, demonies, want waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade. – Jak. 3:14-16

In aansluiting by Jakobus se redevoering tref die woord demonies ʼn mens. Die wyse waarop hierdie land bedryf word laat ʼn mens meermale dink dat die duiwel inderdaad beheer het. Moraliteit bestaan bykans glad nie meer nie.

Oggendkoerant is ʼn onverkwiklike ervaring en aandnuus op die TV ontstellend. Eens gewilde gesinsvermaak se moraliteit is bedenklik. Dit word doodgewoon en sonder skaamte of verskoning as norm aangebied. Boonop kla niemand daaroor nie omdat ons in so ʼn mate gedesensitiseer geraak het dat ons dit as aanvaarbare gedrag aanvaar. Aard, sinlik, demonies is ʼn raak beskrywing vir waarmee ons ter plaatse besig is.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.